2017 GAAN EIS DAT ONS ‘N WILSBESLUIT SAL MOET NEEM.

Dec 24, 2016 by

Kom ons besluit in een oomblik om weg te breek uit alle kerke, politieke partye, godsdiensgroepe van watter aard ookal, en word net eksklusief Boervolk onder die profesie van Sef 3:10. Weet u waarom ? Buite Volksverband,en binne groepsverband, word en is ons slagoffers van meningsvormers. Hier word die mooiste en sterkste manne en vroue geindoktroneer om mekaar se slagare te sny. Verstommend dat ‘n Volk in haar laaste loopgraaf op mekaar aanval. Oordink die volgende, vanaf 1902 word ons gemanipuleer om nie Boervolk te wees nie. Al die politieke dispensasies wat gevolg het, was ten doel om die Boervolk ten gronde te rig. Die rede vir 800 000 volksgenote wat in diep ellende gedompel is, is omdat die wat Boervolk moet wees, sleepvoet en met loodharte beweeg. Groepe en godsdiens persepsies red nie ‘n Volk nie. ‘n Volk red haarself wanneer sy die bloedstollende keuse maak om weg te stap van alles en almal wat nie Boervolk is nie. Natuurlik sal ons altyd verskil, dit is dood natuurlik, maar oor Volkwees en ons God en Sy bedoeling met ons, mag ons NOOIT verskil nie. Die vyand wat hier lees….neem kennis, die Boervolk het die reg om Volk te wees van Sy Majesteit ontvang. Niemand op aarde kan haar verhoed om Boervolk te wees nie. Keer terug na die binnekant van die Laer, my Boervolk, maak die slaphekke van groepsdenke finaal toe, kry die ware wagters weer terug op die Sionsmuur. Oordink die volgende ernstig : ons talente, geestelike vermoëns en skeppende bedeeldheid, intellektuele kragte, en al die wondergawes, is VOLKSEIENDOM. Waarom moet hierdie pêrels vir die varke gegooi word ? Die gawes behoort aan die liggaam, en die liggaam is die Gemeente oorkant die riviere van Kus. Die een enkele vraag wat gevra moet word is…IS DIE BOERVOLK IN TROUBREUK ? Die antwoord is…ONGETWYFELD ! Kom ons bely dit almal saam, gryp mekaar se hande, eer en respekteer mekaar, Kom ons betaal saam ons Gelofte. Kom ons proklameer diep en innig saam dat ons, die Boervolk, die HUIS is. !! Sy Majesteit sal hierna haar land genees.
Sien jou saam en juigend by die Volks Altaar.

Related Posts

Tags

Share This