Vader besoek Moses waar hy sy persoonlike mislukking 40 jaar lank getroetel het.
By die braambos kry hy gewaarborgde ondersteuning,
Sy staf word ‘n slang en andersom.
Sy hand word melaats en word weer genees.
Aaron word as spreekbuis gegee.
Vader bevestig dat die Farao die volk sal vrylaat.
Ook dat die Egiptenare hul persoonlike rykdom vrywillig sal afstaan.
Die slotsom is……kitsoorwinning sonder inspanning.
Ons dink dat wanneer ons vir dienswerk geroep word, ons soos ‘n
vlinder in die frontlinie kan gaan rond vladder, sonder enige bekommernis of risiko.
Ons dink dat dan nie meer nodig is om enige stryd te hê nie.
Ons dink dat die oorwinning Vader se plig is, omdat HY ons gekies het vir dienswerk.
Die soldate van Elohiem het nie nodig om ‘n loopgraaf te grawe nie, want:
1. Ek word goddelik met die hand gelei.
2. Goddelik beskerm
3. En is goddelik bemagtig.
Waarom sou ek hoegenaamd myself wil vermoei ?
Waarom sweet om ‘n loopgraaf te grawe ?
Ons dink dat wanneer ons uitvind of voel dat ons geroepe is, ons sommer nakend in die doodsakker kan inloop en kits oorwinnings behaal.
So baie van ons kondig aan….Ek gaan die wêreld aan die brand steek.
Net om na ‘n kort periode te kom sê dat die situasie hopeloos is.
Ons het gedink dat om net Elohiem alleen aan ons kan te hê is genoeg.
Ons het gedink dat as ons aankondig dat ons tot waarheid gekom het, suksesse outomaties is.
DIT IS NIE WAT EK INGEDAGTE GEHAD HET NIE.
Dit is baie moeilik om mense te oortuig om die ingeslane weg te verlaat.
Veral as daar besluit is dat jou godsdienstige keuse is die oplossing vir al die probleme, en dit is nog erger as dink dat jy die weg van Elohiem volg.
By die eerste tekens van mislukking, is verwyt die eerste en ook die standaard aankondiging.
“ Wat het ek gedoen om dit te verdien ? “
Ek het die plan gehad en ek het daaroor gebid, en ek het sekerheid gehad dat dit sou werk.
Ek sal nooit sukses behaal nie….
Niks het verander nie, en niks gaan verander nie !
Gideon word geroep, maar hy wil eers waarborge hê, sodat hy nie beskuldig kan word van mislukkings nie.
Die oervraag bly …………..
Hoekom het ek ooit hierin betrokke geraak ?
Selfs…waarom is ek ooit gebore ?
As Elohiem aan my kant was, hoekom het die goed nie gewerk nie ?
Die vraag hier is dan mos……..wie het my gestuur .
Dikwels dink ons dat ons eie oortuigings die stem van Elohiem is.
Sonder uitsondering sal moeilike omstandighede die godsplan op die agtergrond stoot.
Sien………Moses fokus op sy onbekwaamheid, en nie op die plan van Elohiem nie.
Wat is dit wat ons soveel pyn en lyding verskaf ?
Flenters geslane hoop !
Nou goed, hoeveel keer in die lewe het ons “ gehoop “ ?
Kyk terug en wees eerlik, wanneer het jou en my hoop omstandighede verander ?
Wie is sonder uitsondering na mislukking bevraagteken ?
Die woord en die Bybel begin lyk en klink soos ‘n leuen, soos ‘n versameling van feëverhale.
Hoe kan enigiemand hoop sonder kennis van Sy Majesteit se plan ?
Hoe op aarde kan ons ‘n privaat skeppingtjie kroon as die plan van Elohiem ?
Ons verdwaal sonder uitsondering tussen eie planne binne ‘n eie skepping.
Gevolglik kan Vader ons nie aanwend om die te bereik wat buite die grense van ons eie geskepte koninkrykie is nie.
Die vraag kom weer op ….
Wat is dit wat ons soveel pyn en lyding verskaf ?
Flenters geslane hoop !
Wie ken nie hierdie een nie………EK HOOP !!
Nou goed, hoeveel keer in die lewe het ons “ GEHOOP “ ?
Kyk terug en wees eerlik, wanneer het jou en my HOOP omstandighede verander ?
Hoe lyk die trekrekord van ons HOOP ?
Wat van slaagsyfers van ons HOOP ?
Wie anders as Vader, is sonder uitsondering na mislukking bevraagteken ?
Wat sal SY MAJESTEIT se aksie hiermee wees ?
Om tot die redding van die aan die buitekant van ons eie skepping te kan kom, moet Vader ons skepping uit die pad kry !
Om die haglikheid van die Boervolk se posisie te verstaan, is dit gebiedend noodsaaklik dat ons die trekrekord van al die skeppingtjies sedert 1902 moet betrag, ondersoek, weeg en toets aan Vader se plan met die Boervolk, soos deur SY profeet, en dan eerlike deelnemers word van SY plan.
Wat sal die klein volkie tot seën wees ?
Volks teokrasie.
Dwarsdeur die eeue heen, en dit is aangeteken tussen die bladsye van die Bybel, sien ons die volk blom wanneer sy terugkeer na Vader se teokrasie.
Ons gaan ‘n herhaling van die geskiedenis beleef.
Nie net vertoon Vader Hom aan Sy volk nie, maar ook Sy jaloerse liefde vir Sy volk aan die Egiptenare.
Ons moet onthou wie ons is
Hoe begelei jy mense wat meer as ‘n duisend jaar mislei is ?
Godsdiens het hulle gestroop van hul menswaardigheid en selfbeeld.
Hoe moet ‘n volk tot oorwinning deurbreek as sy vir geslagte lank verneuk word en sy talle ID’ s moet dra ?
Hoe begelei jy ‘n opkomende geslag wat net die vuilkant van misleiding ken, waar hulle ware liefde en suiwer aanbidding nooit ervaar nie ?
Hoe begelei jy die wat tot volwassenheid gekom het, terwyl hulle geen vertroue of integriteit in hulself het nie.
Dit is in sulke tye wat ons weer moet gaan kyk wie ons is !
Met dit op voorgrond, as ‘n onbetwisbare waarheid, ontstaan die vraag waarom die wat die aanname maak dat hulle deur die Gees van God gelei word, so integriteitloos kan handel ?
Ons het toegelaat om deur die wêreld en die se standaarde gemeet en genommer word.
Moses het hom nie laat nommer deur die Egiptiese stelsel nie, maar vreesloos gaan staan vir die integriteit van Elohiem.
Die satan is die meester op die terrein waar integriteit afgetakel word.
Hoe sien ons dit in ons tyd ??
Ons begin twyfel in die onbesproke en vlekkelose integriteit van Sy Majesteit tov Sy onderneming met Homself.
NIE MY VERWAGTING NIE, MAAR U HEILGE VERWAGTING ALLEEN !!
Bron [facebook]Nie My Verwagting Nie