Vlae Wapper Op Nylstroom

’n Klein groepie mense het op Saterdag, 29 Oktober, aan ’n optog deur die strate van Nylstroom deelgeneem om die saak van Volkskansel uit te dra. Volgens mnr. Barend Pienaar, wat aan die stuur van sake gestaan het, was die optog ’n bewys dat “die Boervolk diep dankbaar en bewus is dat haar lotgeval in die hand van haar God is, en dat sy fisiek moet opstaan en erkenning daaraan gee.” Volkskansel beoog volgens hom om opvolgoptogte te organiseer in al die dorpe en stede “waar die Boervolk haar bevind”. Foto: Herman Steyn Verwysing: www.diepos.com