‘n Volksoptog sal op 24 September, onder die vaandel van Volkskansel, te Boksburg gehou word.
19 September 2011
Volgens ds Ben Strijdom, is die Volkskansel nie ‘n “regse” organisasie nie, maar ‘n diep Christelike inisiatief wat die Skrif waarhede as absoluut beskou en handhaaf.
“Hieruit verstaan ons dat volke die reg het om volk te wees, soos voorgeskryf,” sê hy.
“Binne die Suid-Afrikaanse konteks erken ons ook die bestaan van ander volke, maar eis dan ook dieselfde reg vir onsself op.
“Die een volk kan nie oor ‘n ander volk heers nie.
“Hierdie is die volmaakte resep vir konflik.
“Derhalwe, poog Volkskansel om dit wat reg is te proklameer.”
Volgens hom het dienslewering in duie gestort, terwyl verbruikers enorme bedrae moet betaal om ‘n swak opset instand te hou.
“Misdaad klop nie aan my volk se deur vir brood nie, maar breek in en vernietig mense en goed na hartelus,” sê Strijdom.
“Van die polisielede is daagliks in misdaad betrokke en beland as sogenaamde geregsdienaars in die tronke.
“Die lys kan eindeloos aangaan.”
Volgens Strijdom is die optog eerstens om mense te motiveer om positief op te tree en hul regte af te dwing, tweedens om weer die gevoel van volkwees te laat groei en derdens om die huidige omgewing bewus te maak van die groeiende verset in die hart van gewone burgers, wat die punt van versadiging bereik het.
Die optog gaan om 8vm by die Prince George Park Stadion begin, en volg ‘n sirkel roete deur strate soos Leeuwpoort en Rondebult.
Die roete is min of meer 4.8km lank en dit beloof om ‘n heerlike staptog te wees.
Die Pretoriase Perde Kommando sal ook deel van die optog wees.
Daar is ook ‘n program waar kunstenaars met sang en items sal optree, waarna die optogrede gevoer sal word.
Vir meer inligting, skakel vir Strijdom by 084 350 5929.
Lees die berig:
http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/boksburg/boksburg-news-general?oid=4704068&sn=Detail&pid=217464&Optog-wakker-gevoel-van-volkswees-aan