Die Volksakker Vervolg Deel 2

Sonder huiwering of met enige vorm van moedswilligheid, is ” bekering ” op die tafel geplaas. Maar eers in kort die “nuwe testament” Enige “testament ” is ‘n nutteloosheid solank die testateur leef. Hebreërs 9:16 Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; By afsterwe word die testament geaktiveer en die aangewese eksekuteur word bemagtig om eksekutief ( uitvoerend ) op te tree. Uitvoerend beteken dat die eksekuteur eerstens die erfgename moet opspoor, en duidelik kennis gee van ‘n plek en datum waar die testament gelees moet word. Hierdie testament mag slegs in die teenwoordigheid van die benoemdes of erfgename gelees word. In die geval van Messiah is dit nie anders nie. Hebreërs 9:16 Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; daar is geen twyfel dat die ” dood ” van Messiah nie magtig aangekondig was nie. Paulus is perfek reg wanneer hy in die volgende teks proklameer : Galasiërs 3:15 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. Dit is net volwasse om saam te stem dat Sy Majesteit net een Testament opgestel het, en dit met SY ” afsterwe ” geaktiveer het. Dit sal veragtend wees om dan byvoegings te maak of subtiel weglatings in te bring. Sou daar geargumenteer word dat daar naas die enigste testament nog ‘n testament bestaan, moet die vraag gevra word wie se dood dan die “nuwe testament ” gaan aktiveer en wie sou dan die eksekuteurs wees ? Ons merk met verwondering hoe Sy Majesteit 12 eksekuteurs ( Apostels ) benoem. Ons beleef die eksklusiewe opleidings oomblikke van hierdie twaalf eksekuteurs soos vervat in die vier ” evangelies ” en hul direkte pligoplegging wat hul belet om nie die erfgoed in die hande van onbenoemdes te laat gaan nie. Dus is dit die bepalings in die enigste Testament wat deur die twaalf eksekuteurs nagekom sou moes word. Hierdie eksekuteurs soek en begelei die afgedwaalde erfgename om hul tot hul eerste identiteit te ” bekeer ” om sodoende reg tot die Testament se erfbepalings te mag hê. Dus, bekering kan en mag dan nie relatief beskou word nie. Dit impliseer dat die benoemde erfgename hul status as kinders van die Lewende Elohiem moet opneem, deur terug te keer ( bekeer ) na die kompromielose eerste bepalings van die enigste Testament. Niemand kan hom of haar ” bekeer ” sonder benoeming in die enigste Testament nie.