wie is ons

Die volkskansel vir die Boervolk

Volkskansel is gebore uit die hart van Sy Majesteit om liefdevol en tog kompromieloos, soos wat die Bybel (1933/53 Vertaling) voorskryf, werksaam te wees om hierdie Boerevolk te oortuig tot Volkseenheid.
Volkskansel eer die Tien Gebooie as tien Goddelike reels wat hierdie Volk in Volkskap tot eer van Sy naam begelei. (Jesaja 43:21)
Volkskansel verstaan die profesie oor Geloftevolk en haar eindbestemming binne die Raadsplan van Sy Majesteit aan die Suidpunt van hierdie Afrika kontinent.
Daarom word alle Boere opgeroep om deel te he aan die eenheidsvoorskrif soos vervat in die Bybel.

Toe antwoord die hele volk eenparig en se: Alles wat Sy Majesteit gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan Sy Majesteit oorgebring.

Eksodus 19:8

Volkskansel sal die WOORD reguit sny.
Volkskansel sal onstuitbaar ywer om die Naam van ons God, (wat doelbewus verswyg is) waarby ons skuiling sal vind, bekend te maak.
Volkskansel sal die Sendingsopdrag, om die Volk te laat terugkeer, gehoorsaam uitvoer soos wat Sy Majesteit dit bedoel. Volkskansel sal ook valse leringe duidelik uitwys en aan die lig bring.

Die jaar, 2010, is ‘n waterskeidingsjaar en is daar ‘n nuwe gees van bewuswording deur ons God oor hierdie Volk gestuur, deur haar intens bewus te maak van haar broos posisie en diepe afhanklikheid van haar God. Soos dit gebeur het met ons voorgeslagte, so gaan dit nou weer wees. Ons gaan ‘n Volkslaer trek.

En Hy sal die hart van die Vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot die vaders.

Maleagi 4:6

Aksies en optredes

Om deur openbare en formele optrede, onder leiding van die Gees van ons God, bostaande Raadsbesluit te dien.
1. Teologiese bedrog aan die lig te bring.
2. Die diabolise rol van politiek Skriftuurlik te openbaar.
3. Volksmoord uit te wys.
4. Die Volksgenoot te begelei tot ware Volksbewustheid.
5. Gesinshoofde te inspireer tot ware hoof en priesterskap.
6. Gesinne te motiveer en te begelei as die basis van die Volk.
7. Familiebande herstel en vestig.
8. Alle vlakke van Volkshuishouding aan te spreek, naamlik:

 

  • Volks-Identiteit
  • Volks-Godsdiens en onderrig
  • Volks-Onderwys
  • Volks-Maatskaplik dienste
  • Volks-Ekonomie
  • Volks-Gesondheidsdienste
  • Volks-Huis en Haar Beskerming
  • Volkskas
  • Volks-Regstelsel
  • Volks-Media

In die tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel, want ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oe julle lot verander, se Sy Majesteit.

Sefanja 3:20

Nuus

Kalender

Augustus 2023

MO
TU
WE
TH
FR
SA
SU
31
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
1
2
3

Gallery

« van 5 »

Kontak Ons/Bestellings

Volkskansel 2023