Die Boervolk se Jabez Geboorte

Volkskansel, ‘n beskeie stem vir die Boervolk, in die woesterny van die dag 1 Kronieke 4:9 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar. Wie of wat is die bron van innerlike krag ? Onthou dat die bron is altyd die krag in jou lewe. Ons is soms deur gewoonte geneig om aan te kondig dat Vader die bron van ons krag is. Sou ons na die krag van Sy Majesteit kyk, en die wonder daarvan in ons eie lewens soek, vind ons dit nie daar nie. Die diepte van ons lewe is afhanklik van die bron in ons sielsdiepte. Sou die bron nie Elohiem se krag wees nie, sal moedeloosheid soos ‘n fyn sluier oor ons gemoed hang, en ons struikelaars maak. Wat is die fokuspunt van ons bestaan tans ? Vertrapping en swaarkry Die swak ekonomie, Die swart haat vir ons witvelle ? Die volgende vraag kan van die top van die berge af geskree word. Wat het van die eksklusiewe en besondere goddelike ridderskap, wat diep in ons sielsdimensie ingeweef is, geword ? Luister mooi…ek gee nie ‘n flenter om wat die wêreld hier buite sê nie, Nog minder hoe manne oor hul baarde en hul besnydenis voel. Gee regtig nie om hoeveel klokkies en granaatjies die manne aan die soom van hul klere dra nie, of op watter sy die pasgalam moet lê voor hy keelaf gesny word nie. Nog minder hoe diep jou veragting is vir diè wat nie jou persepsie van “ sabbat hou “ eerbiedig nie. Maar waaragtig is dit diep verantwoordelik om vas te stel, van hoeveel Elohiem integriteit deur jou geopenbaar word. Dus, die bron in jou siel vorm jou denke en jou lewensopvattings. Hieruit verstaan ons dat meningsvorming ‘n kragtige metode is om gemoedere mee te bestuur. Kyk na ‘n paar massiewe meningsvormings aksies van die onlangse verlede. 1. Afgesonderdheid is onbybels en dus ‘n sonde 2. Alle mense is gelyk voor god 3. Moet afgesonderdheid laat vaar om ‘n bloedbad te vermy. 4. Bloedvermenging kanseleer rasse konflik 5. Almal het die reg van toegang tot die christendom 6. Eie skole, gemeenskappe en sake saboteur nasiebou 7. Internasionale aanvaarding Die genoemde en welbekende “ gemors “ het die bron van ons denke geword. Dit daar gelaat, ’n jaar is verby. 2016 sal nooit weer herleef kan word nie, maar waaragtig hierdie Boervolk gaan haar geskiedenis in 2017 herhaal. Wat die geboorte van die Boervolk betref, dit is ooreenstemmend met die geboorte van Jabe Jabez beteken eintlik smart. Die naamwoord in hebrs Ja-stebh beteken letterlik “ hy het pyn veroorsaak “ Die smartlike geboorte van die Boervolk het groot pyn veroorsaak. Kyk hoe wyd het hierdie Volksgeboorte diep pyn veroorsaak ! Die satan pyn, die hordes wat hom volg pyn Die helmagte pyn Die rasse van die planeet pyn Mede broers wat hulself nie sien as Boervolk nie….pyn ! Die wêreldregeerders pyn Almal pyn….waarom ? Sef 3:10 oorkant die riviere van Kus sal my afgebreekte loot, my Gemeente word, bekend staan as my aanbidders, Alleen en eksklusief MY offerdraers wees. ( my insetsels ) G. A. Watermeyer vat dit profeties saam. GESTALTE VAN MY VOL KLEIN windgerukte Westerloot wat in die Suide stam kom stoot, jy brei tot boom wat vrugte dra oor breër grond as Afrika… Wondjare van jou wording pyn die dieper geelhout van jou grein, boom wat deur lyding Kennis bot, na hoër reënstreke van God jou takke tot bewussyn strek; boom wat weer ewewig verwek in die seisoene van die hart; uitkruin bo kringloop van die smart waarmee die sondeval die mens tot moeitevolle môres grens; boom wat deur lyding t’ruggesnoei die suiwer blom van Liefde bloei, vier streke van die aarde bind om volk’rebond in God te vind… In later eeue, later tyd sal jou gestalte wêreldwyd in alle tale wortel vind, legende groei van die bewind van duisend jaar, wat eenmaal was toe God verskyn het in die gras… Klein windgerukte Westerloot wat in die Suide stam kom stoot, jy brei tot boom wat vrugte dra, oor breër grond as Afrika. Die Boervolk is die enigste Volk op die planeet met internasionale erkenning, wat geen grondgebied of vaderland het nie ? 1 Kronieke 4:10 En Jabes het Majesteit JHWH van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En Elohiem het laat kom wat hy begeer het. Ons sien dat hy vier belangrike punte in sy gebed beklemtoon. 1. as U my ryklik seën… hier verwys hy na die seëning vir Abraham Genesis 22:17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. 2. Dat hy voorspoedig sal wees deur arbeid, of oorlog, en sy grondgebied sal vermeerder…Deuteronomium 33:7 En dít vir Juda, en hy het gesê: Hoor, U Majesteit, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom ‘n hulp teenoor sy teëstanders. 3. dat hand van Elohiem op hom sal wees…wat hom sal verlos en bewaar teen onheil……Psalms 121:7 Die Elohiem sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Sodat geen smart my sal tref nie… By die lees van Gen 32:28 verander Vader JHWH Jakob se naam na Israel. Dit laat hom in oorwinning gaan. Op 16 Desember 1838 word die emigrante-boere wie se geboorte pyn veroorsaak het, se naam na Boervolk verander. Dit laat die klein volkie in oorwinning gaan. Hier ontvang sy die amp van Adam in die Tuin as ID , naamlik om die Tuin, grond te bewerk en te bewaak. Vir die internasionale wêreld is die Boervolk ‘n pyn. Maar vir Sy Majesteit, ‘n ekstase. Sy Majesteit noem haar in die oor van die hele Skepping : My gemeente, My aanbidders, My offer draers. Sien jou by die Volksaltaar, wat binne die Laer staan.