Waar is die Liggaam?

Dit is ‘n uiters dringende vraag wat nou gevra moet word ! Die Evangelie van Messiah is ‘n krag wat vanuit Elohim uitgaan en kan die afwesigheid van die Liggaam van Messiah nie aan die deur van Sy Majesteit gelê word nie. Daar moet dus ander redes wees waarom die Liggaam nie sigbaar en kragtig in ons tyd op die voorgrond is nie. Na al die gebeure en na al die reformasies en na al die Benni Hinn’s en T.B. Joshua’s, die mega gemeentes en al die super evangeliste en nou ook in die RSA die Moreletta mega kerk en baie ander, is daar nie een wat onder die hoofskap van Messiah Yahshua in hierdie tyd sigbaar is nie. Die gewilde sekulêre sêding is dat die kerk die liggaam of volk van Messiah is. As dit waar is dan is die Elohim skuldig aan faksie vorming en ook oortreding van Sy eie heiligheid as Israel se alleen en enige Elohim. Watter kerk kwalifiseer dan as die Gemeente of liggaam van Messiah ? Hoe kan hierdie kerk of gemeente gedefinieer word ? Al die kerke het immers hul ontstaan gehad vanuit persepsies en meningsverskille van mense. Dit is tragies dat in alle gevalle die Bybel deurgaans daarvoor gebruik was. Die hoofstroom kerke bewys hierdie stelling. Die eenvoudigste aksie in die christenwêreld vandag is om te fokus op “ hoe ons dit doen “ Die resultaat hiervan is hard en duidelik in die Skrifte. Matteus 24:28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. Is dit nie insiggewend hoe die volk kaal gevreet word deur die sogenaamde super-evangeliste nie ? Die rolmodel, Messiah Jahshuah, het duidelik geleer wat Hy bedoel het met Sy liggaam. Johannes 5:19 Jahshuah het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so. Messiah het presies kom doen wat Sy Majesteit reeds vooraf deur die profete aangekondig het. Jeremia 31:4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers. Kom ons ondersoek aan die hand van hierdie belofte of daar hoegenaamd ‘n kerk is wat hiervoor ywer ? Die eerste is die Katolieke. Dit is ‘n universele godsdiens en leef ‘n doelwit wat strydig is met die profesie. Daar is ook die Lutheraanse kerk. Genoem na Martin Luther en die 96 stellings teen die Wittenbergse kerkdeur. Sy doelwit was om die Katolieke te hervorm. Hierdie het uitgeloop op die Protestante kerke wat almal probeer het om die katolieke te hervorm. Die woord protes in protestante moet na gelet word. Protes beteken nie noodwendig bekering nie, maar kan verseker as rebellie gesien word omdat die protestante met halwe waarhede aan die lewe gehou word. Dan is daar die Presbuteriaanse kerk. Die het ontstaan toe die rebelle die pous verwerp het en hulself die “ presbyters “ of oudstes genoem het. Die Babtiste het weer hul naam verkry deurdat hulle mense onderdompel het. Hierdie groepering was gemotiveer deur Johannes die Doper. Dit is duidelik dat sovêr nie een van die hoofstroom kerke hoegenaamd doen wat hulle Messiah sien doen het nie. Johannes die Doper. Dit is opwindend om sy naam te verander na Johannes die Boodskapper. Hy was gestuur om onder die Elijah bediening die boodskap te dra van die openbaarmaking van Messiah Jahshuah en om te roep dat die paaie van Elohim reguit gemaak moes word. Hierdie ongehoorsaamheid is in al die kerke te bespeur. Die rede is dat almal bewegings is wat letterlik vanuit menslike motiverings en persepsies ontstaan het. Mense het opgegaan in bewegings wat gelei word deur protestante wat op hul beurt weer deur halwe waarhede gelei word. So het duisende van die volk hul bestaansdoel en ook hul geroepenheid in Elohim verloor. Bewegings is altyd die uitvloeisel van die begeertes van mense. Hierdie begeertes word geinspireer deur spesifieke heersende omstandighede. Wanneer die omstandigheid dit eis, stig mense af en vorm weer die volgende groep protestante. Om te kompenseer vir die afwesigheid van die Hoof van die liggaam, naamlik Messiah Jahshuah, word die gestigte beweging verheerlik. Die verskillende kerke en die selfverheerliking daarbinne, getuig dat dit nie die Liggaam van ons Koning Jahshuah is nie. Die reg van mense word deur demokrasie verheerlik en hierdie dier ( demokrasie )wat uit die see opgekom het, het ‘n mond ontvang om godslasterlikhede te spreek. ( sien Openbaring 13 ) Groot leiers van kerke is van mening dat Messiah ‘n mite is. Skrywer wil waag om te verklaar dat net die volk van Sy Majesteit geskep is om aan Hom eer en aanbidding te bring. Jesaja 43:21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig. Hierdie proklamasie van Sy Majesteit sal volbring word en daarom sal die heiliges die verbranding van die groot hoer met blydskap aanskou en die wat saam met haar stryd gevoer het teen die Seun van Elohim sal in droefheid verval. Openbaring 18:9 ¶ En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien, Die ontstaan van die Liggaam kan duidelik gesien word in wat Messiah aan Sy dissipels vra. Hoe sê die mense, wie is Ek ? Hierdie diskussie is deur Sy Majesteit self aan die gang gesit. Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? Mat 16 : 13. Aan die woord is die Hoof van die liggaam wat die finale woord hieroor spreek. Matteus 16:23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van Elohiem bedink nie, maar die dinge van die mense. Petrus spreek ‘n beletsel uit teen die los-offer van Messiah. In die daarop volgende teks maak Sy Majesteit dit duidelik dat wanneer Sy Liggaam tersprake is, niks in die weg daarvan gelê mag word nie. Matteus 16:24 ¶ Toe sê Jahshuah Messiah vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Met eerlikheid het die meeste mense hier dalk ook ‘n soort kruis ingedagte gehad wat op die skouers gedra moet word. Die verklaring van die woordjie “kruis “ is insiggewend. Kruis opneem. Kruis of “ stow-ros “ (Grieks ), het ‘n wye applikasie soos byvoorbeeld paal of blootstelling aan die dood. By implikasie egter beteken dit “ skadeloos-stelling “ Hier het die meeste mense almal tussen die vraag en die bevel van Sy Majesteit vasgeval. Wie is Ek en neem jou kruis op. Terwyl die protestante eindeloos kerke en bewegings stig, verklaar Sy Majesteit…. Matteus 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Dit is opwindend. Hier is ‘n fondament en ‘n waarborg van beskerming aangekondig vir die wat uitgeroep of meer korrek, ge-ekklesia word. Die detail van hierdie diskussie tussen die dissipels en Messiah het ‘n asemrowende impak. Wie sê die mense is Ek ? Vandag is daar dik volumes en lang hoofstukke geskryf oor wat mense sê ! Al die sogenaamde elite boekwinkels het nie een boek op die rak wat handel oor die Liggaam van Messiah nie. inteendeel gee al die boeke uitdrukking aan wat mense sê. Matteus 16:14 En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete. Hedendaags is dit nie anders nie. Miskien is hierdie argument al êrens gehoor, miskien is dit ou-nuus op die oor, maar die tydgleuf waarin ons leef, met al die peste en plae, roep ‘n oomblik van stilstand. Die leser moet besef om weer en opnuut te kyk na wat Sy Majesteit bedoel wanneer Hy die vraag vra “ hoe sê die mense, wie is Ek “ Die res van die mens se lewensbestaan kan opgebruik deur te argumenteer wie Messiah en wie Sy ekklesia is. Hierdie tallose argument sal dan die teken van geslotenheid wees. ‘n Geopende gemoed is hier nodig. Daar moet geroep word….dat ek mag sien !!! Dit is neerdrukkend om te sien hoe mense staar en praat oor wat hulle in hierdie tyd met die oog aanskou en met die mond spreek. Die argument dat ‘n saak twee kante het is net waar tussen twee partye wat nie deel is vam die Liggaam van Messiah nie. Majesteit JHWH se saak het nie twee kante nie. Daar word altyd geargumenteer dat daar twee kante in enige saak is. Dit is ook waar dat albei kante van vlieëpapier gegom is. Die vlieg het dan die keuse om te kies aan watter kant hy wil loop plak. Leser word hierop gewys dat tot dusvêr die sogenaamde mensdom vir eeue besig is om by keuse aan een van die twee kante van hul saak te plak. Wanneer die herders hoor dat daar in Bethlehem ‘n koning seun gebore is, het hulle onverwyld opgetrek en hulde gebring. Daar was geen diskussie nie. Tog was daar ook hier die wat gehoor het en die wat gedoen het. Waarskynlik was daar van die herders wat nie gegaan het nie en wat tog deelgeneem het aan wat hulle gehoor het. Daar is mos twee kante van ‘n saak ! Op die vraag van die opkomende jeug of die wat gehoor het daar was, moet hulle dan sê, nee ons was nie daar nie, ons het net gehoor ! Daar word vandag groot “ MightyMen “ konferensies gereël en groot herlewings van stapel gestuur. Almal is soekend na ‘n oplossing vir die huidige probleem. Waar is die Liggaam ? Hoe sê die mense wie is Ek ? Dan kom die vraag direk…..hoe sê jy wie is Ek ? Deur die geslagte heen word die volgende drie vrae byna onafgebroke gevra. 1. Wie is Messiah Jashuah 2. Wat is Waarheid 3. Waar is die Ekklesia Hierdie vrae bewys dat die Liggaam of Ekklesia nie bestaan nie. Om te kompenseer vir die verlies of die afwesigheid van die Ekklesia is daar godsdiens rituele opgerig. Na al hierdie oefeninge en opofferinge bestaan die Liggaam steeds nie. Oral word die evangelie verkondig en oral weet niemand wie Messiah is nie en hierom bestaan of manifesteer die Ekklesia nie. Die rede kan gevind word in die onkunde aangaande wie die Seun van die mens is. Wie is Messiah ? Lukas 1:32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Elohiem sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, Handelinge 2:22 Israeliete, luister na hierdie woorde! Jahshuah, die Nasaréner, ‘n man deur Elohim vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat Sy Majesteit deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet— Die mensdom is afgemat in haar soeke na verlossing en het frustrasie die mensdom beet gekry. Die resultaat hiervan is eenvoudig. Esegiël 9:9 Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die Elohim het die land verlaat, en die Elohim sien nie. Binne die vertwyfeling en groot verwarring is die ewige waarborg steeds ongeskonde. Lukas 1:32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Elohiem sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, Waarop bou Sy Majesteit ? Deuteronomium 32:4 Die Rots—volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ‘n Elohiem van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy. Sy Majesteit kap spreekwoordelik uit Homself ‘n fondament waarop die Liggaam gebou sal word. Jesaja 28:16 daarom, so sê Majesteit Jahweh: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; Wie is die wat daarop gebou word ? My Ekklesia…….die wat Ek uitverkies het, die wat Ek laat oorbly het ! Esra 9:8 En nou was daar vir ‘n klein oomblik genade van die kant van Majesteit Jahweh onse Elohiem, om 1. vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en 2. ons ‘n pen te gee in sy heilige plek, 3. sodat Sy Majesteit ons oë verhelder het en 4. ons ‘n bietjie verademing geskenk het in ons diensbaarheid. Watter diensbaarheid ? Sefanja 3:13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie. Miskien kan hieroor ook ‘n debat gevoer word. Hoe spreek die tonge van baie wat sê dat hulle tot Waarheid gekom het, en hoe lyk dit met die bedrieglike tonge ? Watter tydgleuf ? Sonder uitsondering is hierdie vraag op die tong. Majesteit JHWH is getrou van ewigheid tot ewigheid. Die teken van die tydgleuf is inderdaad sigbaar. Jesaja 45:14 So sê die Elohim: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, Elohim is in jou; en anders is daar geen, geen Elohim meer nie! Die raadsbesluit van Sy Majesteit deur die mond van Sefanja kan nie en mag nie beredeneer word nie. Sefanja 3:19 Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was. Sefanja 3:20 In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê Sy Majesteit Is ons lot verander ? Titus 3 : 3 Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat. 4 Maar toe die goedertierenheid van Elohim, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het— 5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees 6 wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Messiah Yahshua, ons Verlosser; 7 sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe. Efesiërs 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van Elohim, :20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Yahshua Messiah self die hoeksteen is, :21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Meester, :22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van Elohim in die Gees. Hoe sal die ware Liggaam dan roep ? Hierdie roep sal die bestaan van die Liggaam van Messiah ondubbelsinnig aandui wanneer daar geproklameer word soos wat Petrus dit passievol uit die mond van Elohim gehoor het. Matteus 16:16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Messiah, die Seun van die lewende Elohiem. Die Liggaam sal met groot ywer en passie dan afskei en kompromieloos aankondig; 1 Johannes 5:20 En ons weet dat die Seun van Elohim gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jahshuah Messiah. Hy is die waaragtige Elohim en die ewige lewe. Dus, die laaste volk wat gebore is, volgens die seën van Isak op Jakob gelê was( Gen 28:3), is die Boervolk oorkant die riviere van Kus. Sy Majesteit het dit laat profeteer en godsdiens oortuigings ywer om hierdie profesie ongedaan te maak. Die onoorwinbare en Hoogverhewe Elohiem sal die aanslag teen die Boervolk self tot niet maak. Daarom sal sy, die Boervolk sonder die toedoen van mensehande hergebore word. Daarom…Openbaring 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Openbaring 18:5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.