Oorsig - 'n Erfenis

Ons dink vandag baie eng aan die ooreenkoms wat op 31 Mei 1902 plaasgevind het om ‘n einde aan die Anglo Boere Oorlog te bring. Ons moet egter kennis neem van die feit dat die ooreenkoms nie op Vereeniging beklink is nie, maar dat die Boervolk leiers hier vergader het in ‘n “tent van samekoms” (tabernakel) om die ooreenkoms te beredeneer. Ons onthou derhalwe die onderhandeling tussen volksgenote om slegs ‘n antwoord van Ja of Nee aan die Britte te kon bring. Daar was geen ander alternatief op die tafel nie! Tot op die datum was al 60 die teenwoordiges ter plaatse bittereinders, wat in die meeste gevalle alles verloor het en nog steeds die verantwoordelikheid gehad het om vir tienduisend talle volksgenote wat in die konsentrasie kampe en banneling kampe weggekwyn het, in kampe waar kinderstemme stil geword het, te besluit. Ons kan oor die reg of verkeerd van die ooreenkoms met die gemak van tyd redeneer en nog steeds nie tot ‘n vergelyk kom nie. Laat ons wel die volgende aanknopings punte opneem. 1. Die ooreenkoms het as ‘n verdrag bekend gestaan, dit is in die jare na die oorlog verander om die impak van die woord verdrag te verander. ‘n verdrag is ‘n ooreenkoms tussen state of moondhede om mekaar te verdrae. Die vraag is of beide partye by die verdrag gebly het, want ‘n verdrag is net geldig solank beide partye daarby hou: Dat beide die Transvaal en Oranje Vrystaat self regering toegeken sou word wat nooit gebeur het nie want die Republieke is in 1910 opgeneem in die Unie van Suid Afrika. Dit wys duidelik die verskil van woordspel van ‘n verdrag versus vrede. Daar is verseker nie vredevol omgegaan met die Boervolk na die oorlog nie, ‘n sprekende bewys hiervan kan gevind word in die na-oorlogse verdagmaking van die Boer/Burger identiteit en kultuur deur dit te vervang met die woord Afrikaner wat ‘n meer uitgebreide nasie in die groter SA beskryf, en wat nooit in die verdrag as sulks genoem is nie. Dit het ‘n ballingskap tot gevolg gehad wat die Boer se erflating in sy land beinvloed het. Hy het die reg tot minerale rykdom verloor met gepaardgaande vervreemding van grond om myne en industrieë te vestig, die letsels van selfsugtige myn base se gulsigheid is nou nog merkbaar op die boeregrond. Die benaming Boer is beperk tot ‘n beroep, die van Landbouer sonder toelating tot deelname in die leierskap en rykdom van die opvolgende regering. Waar die Boer wel in nywerheid toegelaat was, was dit as pikslaner en graaf draer van die laagste arbeidsklas. Selfs sy geliefde Republieks vlae is gereduseer tot komponent vlae in ‘n land wat ander waardes vooropgestel het. Dit was die laaste keer dat die Boer as ‘n soewereine Volk in ‘n verdrag met ‘n ander moontheid sou gaan. Van hier af was ballingskap haar voorland – ‘n verandering van naam, kultuur en instellings onderhewig aan die wil van vreemdes, onder ‘n vervloeking, onwettig verklaar, vervreem en onder straf geplaas. 2. Deur uitsprake van Boervolk leiers tydens die onderhandelinge, word die gewigtigheid van die besluit weergegee. • Genl Koos de la Rey sê “ Wat is geloof, Vader U wil geskied, nie my wil om te oorwin nie. Ek moet myself vernietig onder Gods wil” Die Spreuk van ‘n gelowige Boer. • Genl de Wet : Pleit dat die stryd wat in geloof begin is ook in geloof moet voort gaan. ‘n Boer se afhanklikheid van die Almagtige se opdrag. • Genl Beyers sê dat “ die voortbestaan van die Volk in die Vader se hande gelaat moet word, maar dat die posisie haglik geword het omdat ‘n gees van moedeloosheid die burgers beet gepak het, en nou loop hulle oor na die vyand en teen daardie gees kan niemand stry nie. ‘n Boer is eerlik oor realiteite. 3. Enkele aanmerkings oor uitstaande simboliek. Die Boere kom bymekaar in ‘n sogenoemde “tent van samekoms”. ‘n Tabernakel, te oordeel aan die woorde wat hierbo gespreek is en die impak van die woorde verwys dit na ‘n sware pligsbesef om die korrekte optrede teenoor die Almagtige en sy mense te doen. Die volgende simboliek is meer verborge maar met ‘n geweldige impak en dit handel oor die rede vir Vereeniging se bestaan. Hoekom moes die verdrag juis op Vereeniging plaasvind? Vereeniging is geproklameer op 29 Junie 1892 om voordeel te trek uit die steelkool reserwes wat in die area ontdek is. Net kort hierna is ‘n seldsame rooi vuurvaste klei ontdek in dieselfde area. So kan daar simbolies na die Boervolk verwys word as klei in die Pottebakker se hande wat getemper word in die smeltkroes van vernedering. Daar moet ook gelet word dat een van die grootste staal produseerders in Afrika na die oorlog in die area ontstaan het en waar die mannekrag hoofsaaklik deur die Boervolk se nasate verskaf is, sprekend van die staal van hulle voorgeslagte, die bittereinders. Die Boervolk het begin deur ‘n raadsbesluit van die Almagtige, sy het ‘n erenaam ontvang, sy het ‘n taal ontvang, sy het in Verbond met haar Maker gegaan, sy is gelouter in die vurigste vernedering denkbaar – man – vrou – kind – grysaard – geeneen van hulle was verskoon nie. Maar daar is ‘n karakter gebou, ‘n Volksgawe, ‘n wete dat dié Volk anders is, ‘n kultuur en oortuiging dat dié Volk nie sommer net ontstaan het nie. Sy is Gewil! OPSOMMING ‘n Interesante fenomeen begin in SA na vore kom – die van ‘n Volk wat ‘n innigheid vir mekaar ontwikkel, wat verstaan deur net deur mekaar in die oog te kyk. ‘n Volk gelouter in die smeltkroes, versterk soos keurstaal. Bittereinders wat eendragtig die belangrikste tydgleuf in die wêreld se smarte ingegaan het om eerste daaruit te groei as dié Volk verkies deur die Skepper. Uit Vereeniging het die Boervolk in ballingskap gegaan net soos Israel in Jesusalem van ouds. In Vereeniging sal die Volk net soos destyds in Jerusalem, ‘n terugkeer maak, om weer die Volk se mure en haar stad te herstel. In blye afwagting op die koms van haar Messiah. Neem in herbesit, dit wat u erfenis is! DIE BOERVOLK SAL BLY !