Elohiem Voorwaardes Vir Sy Gemeente

In ons dag is dit hoog mode om platweg van gemeente te praat, sonder om deeglik bewus of onderrig te wees tov die kwalifikasies wat vereis word om SY gemeente te wees. Primêr van belang is tog Sy Majesteit se vereistes waarsonder geen samekoms kan kwalifiseer as Sy Gemeente nie. Die gewilde sekulêre sêding is dat die kerk die liggaam of volk van Messiah is. As dit waar is dan is die Elohim skuldig aan faksie vorming en ook oortreding van Sy eie heiligheid as SY VOLK se alleen en enige Elohim. Watter kerk kwalifiseer dan as die Gemeente of liggaam van Messiah ? Hoe kan hierdie kerk of gemeente gedefinieer word ? Al die kerke het immers hul ontstaan gehad vanuit persepsies en meningsverskille van mense. Dit is tragies dat in alle gevalle die Bybel deurgaans daarvoor gebruik was. Dit is opvallend hoe die fondsasies tans verkrummel en hoe die wat uitverkies was om gemeente te wees, geestelik bankrot gegaan het. Ope 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. Hierdie was gerig aan die gemeente van laodicense. Laos beteken leke of gewone mense. Dikaios beteken justisie. Gekombineerd beteken dit dat leke leer en regeer. Hierdie het uitgeloop op demokrasie Demo – kratos, die gesag van die mens. Terwyl dit in volle swang is, verkrummel al die fondasies, en steeds dink die sulkes dat alles weer sal regkom. Dit is juis die profesie van Open 3 aan die vergadering na Laodicense dat hierdie valse persepsie op die rand van die dood aangekom het. Ope 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. Die profesie in Sef 3 : 10 dwing die wat opreg soek om gemeente te wees, om na die vereistes van Elohiem aangaande SY gemeente te gaan kyk. Die aksie van Sy Majesteit is asemrowend. Jes 41:9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. Jes 44:2 So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! Jes 46:3 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af; Dit is mos net korrek dat Sy Majesteit voorskriftelik sal wees tov Sy Beminde ? Leser moet dringend daarop let dat Sy Gees nie Sy Beminde sal verdeel nie. Al sou Sy gemeente bestaan uit 100 kleiner gemeentes oor die land oorkant die riviere van Kus, sal die liefde, respek en die negevoudige gawes van Sy Gees in almal op dieselfde manier manifesteer. Romeine 12:1 ¶ Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. Romeine 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Die probleem is dat ons dit moeilik vind om onsself onder die vergrootglas te sit. In ‘n dag soos hierdie is dit ‘n saak van lewe en dood om ‘n harde en kritiese ondersoek na die self te loods. Die eerste stap is om uit “ jou gemeente “ uit te gaan en in Messiah se gemeente met jou hele hart,siel en gees, op te gaan. Hierbinne sal jy jouself vir die eerste keer van aangesig tot aangesig sien. Die gemeente is die liggaam van Messiah en HY alleen is die hoof daarvan. Efesiërs 1:15 ¶ Daarom — vandat ek gehoor het van die geloof in Messiah wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges — 16 hou ek ook nie op om vir julle te dank as ek aan julle in my gebede dink nie, 17 dat onse Messiah, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, 18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; 19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte Ons word deur een Gees gedoop tot die gemeente van Messiah. 1 Korintiërs 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Judiërs of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. As jy ooit verlang het om die regte persoon te wees, hier is jou kans. Jy kan nie deel wees van ‘n ander liggaam en sê dat jy deel is van SY liggaam nie. Die gemeente van Messiah beklee ons met ‘n nuwe kleed. Die eerste bekledingstuk is gehoorsaamheid aan Sy Gebooie. Hiermee bevestig ons dat Messiah alleen hoof is van SY liggaam. Dit beteken dat as SY liggaam kan die lede nie doen wat hulle wil nie. Net hier sien ons onsself deur die oog van Messiah. Ongebondenheid is ‘n oortreding wat ons buite die gemeente plaas. Dit aktiveer ‘n “ ek alleen is reg “ houding. Hierdie plaas jou buite die gemeente van SY bedoeling. Romeine 12:1 ¶ Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. Romeine 12:5 so is ons almal saam een liggaam in Messiah en elkeen afsonderlik lede van mekaar. OM AAN MEKAAR TE BEHOORT. Die beste voorbeeld is die man in die Tuin, wat ‘n verkeerdheid in die skepping aangedui het omdat hy nie iemand gehad het aan wie hy kon behoort nie, Elohiem uitgesluit. Dit was verkeerd. Sy Majesteit het daaropvolgend ‘n nuwe soort heilige behoort geskep. Die magshandeling van Elohiem met ons is asemrowend. Sy Raadsbesluit word fyn en kompromieloos aangekondig : My gemeente, my aanbidders, my offerdraers, is oorkant die riviere van Kus. Met hierdie Raadsbesluit het Sy Majesteit ‘n nuwe behoortheid tot stand gebring. Die wat so afgesonder is, moet insien dat ons gekies is om aan mekaar te behoort. Spreuke 27:17 ¶ Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander. Spreuke 27:21 ¶ Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is ‘n man volgens die roem wat hy geniet. Watter soort roem kan daar wees as die gemeente nie suiwer is nie ? Watter soort egtheid is daar in aanbidding wanneer die wat volgens voorskrif nie daar mag wees nie, in die midde is ? Watter soort seën kan daar wees wanneer die van gemengde bloed deel gemaak word van aanbidding, selfs toegelaat word om die Skrifte te hanteer ? Watter soort gemeente is dit wat die huweliks voorwaardes ( Tien Gebooie ) ontheilig, en salig gemaklik daarmee is ? Hier is die kwessie. Om aan mekaar te behoort moet ons … Filipense 2:2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Paulus se behoort is volkome… 1 Tessalonisense 2:20 Want julle is ons eer en blydskap. Die heerlikheid van Messiah word in die gemeente gesien en ervaar ! Die krag van die gemeente lê in die vlekklose behoort aan mekaar. Hierdie Boervolk is bekend daarvoor om sy naaste terwille te wees. Hulle weet dat iemand se las soms vir hom alleen te swaar is. Die passievolle helpers het ook geweet dat hulle eendag ook gehelp sal moet word. Vandag sien ons ‘n gemeente wat in die geboorte kanaal is. Prys SY naam ! Hoe wonderlik om die “ ek behoort “ in aksie te sien kom ! Geisoleerde selfgesentreedheid breek die fyn verbinding om te behoort. Die gemeente is die omgewing waar ons oog en hand en voet koördinasie leer. Ons word ‘n liggaam wat saam en passievol in ‘n sinkende wêreld beweeg ! Galasiërs 6:10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. Net hier begin geestelike groei, die heerlikheid, en die manifestasie van eenheid. Die kontras in die Boervolk is skrikwekkend. Sy sleep moeisaam haarself voort binne ‘n omgewing waar die liggaam van Messiah totaal afwesig is. Sy kleef aan doktrines en persepsies wat nooit in die gemeente gevind mag word nie. Hierbinne word die lewe gevind binne drie benodighede. Kos,water en dakke. Die heeldag, elkedag stryd gaan hieroor. Kos,water en dakke. Wat is hiermee saam nodig ? Emosionele benodighede. Liefde, aanvaarding en erkenning. Hierdie drie is ‘n gemeente bate. ‘n Gemeente word deur waardes gedryf. Sou gemeente waardes nie Elohiem waardes wees nie, sal haar gedrewendheid haar op ‘n gevaarlike styl pad plaas. Moenie omkyk nie, Sy majesteit praat met jou, en nie met iemand langs of agter jou nie ! Die reëls is loodreg, die skietlood en die waterpas is in Sy hand. Sy Majesteit het nie met syne fout gemaak nie. Het ook nie tydens Sy seleksie aksie, oneg teenoor Homself opgetree nie. Vader het weer vandag vir ons ‘n “ kykweer “ gereël ! Sy Majesteit sê…kyk weer na My bedoeling, kykweer na My profesie, kyk weer na My onveranderlike Raadsbesluit. Kyk weer of jy in woord en daad daarin pas. Water soort gemeente is dit wat Amen sê, Messiah onskuldig deur die regsbank bevind en Hom dan daarna aan die paal teregstel ? Weet jy wat is verstommend ? Sy Majesteit het dit nie op SY Gemeente gewreek nie. Hy het dit verreken as betaling vir die SY Gemeente wat misdadigers geword het. Is ons gekies om SY gemeente oorkant die riviere van Kus te wees ? Dit sal godskreiend wees sou ons vandag hierdie kredietwaardigheid op die grond laat val. Op met die kop, op met die bors, op met oog, op met die hande, op met die passie om te behoort, op met die aanbidding en lofprysing !!