Die Volksakker

Dit sou so perfek tydig wees om op hierdie moment ons prestasie in die Volksakker te besigtig. Die ” ons ” wat hier van gepraat word, is natuurlik die manne en vroue wat op die bors slaan en in die openbaar bely dat Sy Majesteit hulle geroep het. Hierdie geroepenheid is suiwer, sou die geroepene se lewe ‘n fisiese getuienis daarvan dra. Sonder uitsondering is daar van ons wat skerp uitgesproke is oor ons sogenaamde ” bekering ” en loop salig as onaantasbares met al die wysheid in pag, hier rond. Die meeste van ons, indien nie almal nie, sal beskaamd staan by eerlike introspeksie, dat ons in die Volksakker hewige debat gevoer het oor meervoude van persepsies, sonder dat ons hierdie kosbare Boervolkie een millimeter geskuif het om aan die profesie oor haar gehoorsaam te wees. Natuurlik sal die lang messe nou uit kom ! Byltjies sal skerp gemaak word ens,ens. Feit bly staan dat die Boervolk is in ‘n subtiele uitwissings program geplaas. Die ” hulle ” wat dit dryf, is deeglik op koers en die sukses verhaal is geen geheim nie. Mens sou dink dat die kundiges onder die Boervolk hierdie suksesse sou waarneem en sonder versuim terugkeer om platvoet in die gifstroom kom staan ? Die veelvoude van argumente rakende die punt waar die land brand, gaan nie af nie, en sal die argumentasie hewiger word soos wat die brand van die land toeneem. Intussen word die rolspelers wat die grimmigheid van Sy Majesteit behoort te verstaan, geknel met ‘n reddings-sindroom waarin die enkeling vermoed dat hy of sy daarvoor gesalf is ? Opregte eerlikheid, gestroop van persepsies en gevolgtrekkings, is die ryke oomblik van samekoms, waar hierdie opregtes die Raadsbesluit opnuut bestudeer en hulself daarvoor beskikbaar stel.